Biko weet volgende Donderdag oor borg

Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal volgende week Donderdag weet of sy tweede poging om borg suksesvol is of nie. Hy het aan landdros Leonard Mateus in die Okahandja-landdroshof gesê hy het konstante rugpyn en het ‘n operasie nodig wat nasorg benodig, en dus moet hy borg kry. Hy sê hy kry baie seer wanneer hy in die vangwa vervoer word. Booys is sedert 2 Februarie 2020 in aanhouding op klagte van bloedskande en verkragting wat die staat sê in Januarie 2020 plaasgevind het. Hy word vir sy eie veiligheid by Seeis aangehou. Sy ampstermyn in Okahandja is gekenmerk deur omstredenheid en daar was talle protesaksies teen hom.