Boere kan nou aansoek doen vir subsidies

Die Namibiese Ministerie van Landbou sê boere in die Kunene, Erongo en Omusati-streke kan eise in verband met verskeie dienste by hulle naaste landboukantoor indien. Dit sluit in die huur van weiding, bemarking van lewendehawe, lek en voer subsidies en kleinskaalse hidroponiese stelsels vir die produksie van voer. Die subsidie dek die maand van Maart en boere is gemaan om te verseker dat al hulle dokumente in plek is. Die ministerie sê verder dat subsidies van krag sal wees tot die droogte toestande verander of die fondse opraak, wat ook al eerste kom.