Soektog in Gauteng begin na ses gevangenes wat in hinderlaag ontsnap

Die polisie in Gauteng het ‘n soektog begin nadat ses gevangenes op pad na ‘n hof in Vosloorus, uit aanhouding ontsnap het. Na wat berig word, het ‘n groep gewapende mans in ‘n silwerkleurige Audi, die vangwa wat hulle vervoer het, by Boksburg in ‘n hinderlaag gelei. Vyf van die ontsnaptes moes in die hof verskyn op aanklagte van roof, poging tot moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Die woordvoerder van die polisie, Brenda Muridili, sê die sesde ontsnapte staan tereg op ‘n klag van winkeldiefstal.