Britz is nuwe kaptein, Van Wyk sê nee

Die nuutverkose Basterkaptein, Jacky Britz het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat die gemeenskap het. Hy het 2 583 stemme in die verkiesing vir ‘n nuwe kaptein gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme. Britz het sy boodskap aan die Bastergemeenskap in die moeilike Covid-19 tyd so verwoord.

Rynauldt van Wyk het intussen in ‘n nuusverklaring die uitslag van die verkiesing verwerp. Die verklaring lui dat hy dit betreur om sy ondersteuners en die breë publiek in kennis te stel dat hy oortuig is dat die Basterkapteins-verkiesing wat plaasgevind het, nie vry en regverdig was nie en daarom het hy geen ander keuse as om die uitslag soos aangekondig is deur die verkiesingsbeampte te verwerp. Hierdie uitslag was volgens hom nie geverifieer, gevalueer en selfs onderteken deur die verkiesings beamptes teenwoordig nie.