Verwarring heers steeds oor Trusted Travel System

Namibiese gesondheidsministerie het die Trusted Travel System vanaf 1 Desember na 15 Januarie 2022 uitgestel nadat die toerismesektor aangedui het dit sou ‘n impak in die feesseisoen op toeriste na Namibië gehad het. Dit behels dat slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, aanvaar sal word. Daar heers egter steeds verwarring in die toerismesektor of die implementering daarvan, veral by padgrensposte, glad gaan verloop. Nrupesh Soni van die Namibia Travel and Tourism Forum verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.