Nadal teen Tsitsipas in Barcelona Ope

Tennis: Rafel Nadal is een wedstryd weg van sy 12de kampioenskapstitel by die Barcelona Ope ná hy Pablo Carreno Busta in hulle halfeindstryd geklop het. Hy speel vandag in die eindstryd teen Stefanos Tsitsipas. Nadal het gesê hy sien uit om weer in die eindstryd te speel in wat hy as ‘n tuis-byeenkoms beskryf het. Hy het erken dat die wedstryd teen Tsitsipas ’n taai een gaan wees want hy speel op die oomblik uitstekende tennis.