Djokovic het nie spesiale behandeling ontvang nie

Daar word groot kritiek uitgespreek oor die mediese vrystelling van die wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, gekry het om deel te neem aan die Australiese Ope. Alle deelnemers aan die Ope, wat op 17 Januarie begin, moet teen Covid-19 ingeënt wees of mediese vrystelling hê wat deur ‘n onafhanklike paneel kenners oorweeg is. Daar word berig die Serwiër het herhaaldelik geweier om te bevestig of hy ingeënt is. Tennis Australië se hoof uitvoerende beampte Craig Tiley sê Djokovic het geen spesiale behandeling ontvang nie en die hele proses is deur onafhanklike kenners hanteer.