Afrikane spot met Westerse siening van Afrika

Daar is ‘n nuwe tendens op sosiale media waar Afrikane ‘n bespotting maak van hoe die Westerse wêreld die Afrika-vasteland interpreteer. Verskeie twiets is reeds in die verband gemaak waar gebruikers Amerikaners vra om geld te stuur omdat hulle honger lei en die leeus hulle jaag, en olifante hulle eet. In een plasing is ‘n foto van die groot groep mans wat sokker op ‘n vlakte speel met ‘n luiperd in die voorgrond. Volgens die plasing sal die luiperd hulle aanval as hulle die eindfluitjie blaas en dus, speel hulle reeds vir dae lank en kort hulp. In nog ‘n plasing vra ‘n vrou om hulp omdat ‘n luiperd in haar grot ingetrek het en sy slaap reeds vir dae lank in ‘n boom. Die twiets trek baie aandag en is uiters gewild.