IMF uit Brasilië geskop oor ekonomiese voorspellings

Internasionale media berig dat die Brasiliaanse regering die verteenwoordiger van die Internasionale Monetêre Fonds uit die land uitgeskop het as gevolg van sy voorspellings vir die land se ekonomiese groei. Volgens Brasilië se minister van finansies, Paulo Guedes, is die IMF net in die land vir swart boontjie- en vleisbredie, sokker, en goeie geselskap, en dan en wan maak hulle foutiewe voorspellings. Jair Bolsonaro se regering sal dus nie meer die IMF amptelik erken nie. Die IMF het sy ekonomiese vooruitsigte vir land op ‘n 9 persent inkrimping van die ekonomie bepaal terwyl die regering net 4 persent voorspel het. Bolsonaro het tot dusver, groot kritiek uitgelok vir sy hantering van die pandemie.