Ekonoom: Boere moet elders vir finansiële oplossings soek

Boere moet aanvaar dat goedkoop Landbank-lenings iets van die verlede is en hulle moet elders kyk vir finansiële oplossings. Dit is die mening van die ekonoom, Dawie Roodt. Hy sê boere en landbou-ondernemings moet hulle óf na handelsbanke wend óf saamwerk om alternatiewe finansiering te soek. Roodt glo Suid-Afrika is op dieselfde pad as die res van Afrika wat beteken regeringsdienste gaan al minder betroubaar wees. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.