Daar is tegnologiese toepassings vir landbou in Nam – Calle

Tegnologie in landbou is in die nuus, veral as gevolg van die belangrikheid van landbou vir verskeie ekonomieë. Die toepassing van tegnologie in die plaaslike bedryf word bevraagteken veral omdat daar nie baie grootskaalse intensiewe boerderye in die land is nie. Maar, volgens die landbou minister Calle Schlettwein is daar tog toepassings wat nie net belangrik is nie, maar ook aangewend moet word in Namibië.