Vermeende verkragter, ontvoerder verskyn weer

Aloysius van Wyk, 51, sal weer in die Hoërhof in die hoofstad verskyn op ‘n klag van verkragting. Die saak het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur omdat hy vermoedelik ‘n kleuter by haar kleuterskool ontvoer het op 1 Augustus 2019. Die dogtertjie, 5 jaar oud, is bekend aan hom. Hy het vroeër in die Landdroshof gesê hy was onder die invloed van drank en dwelm tydens die insident. Die kind was volgens berigte meer as 8 ure in sy geselskap voor sy saam met hom in ‘n kroeg gevind is. Van Wyk bly in aanhouding en Regter Christie Liebenberg sal die tweede verskyning, wat steeds voorverhoor bepalings sal bespreek, hanteer.