Paulus Noa sê korrupsie neem nie toe in Namibië

Korrupsie is so oud soos mag en so aktueel soos die oggend-opskrifte in Afrika soos in die res van die wêreld. Suid-Afrika gaan voort om te worstel met die gevolge van “staatskaping”, tydens Jacob Zuma se presidentskap. Hier in Namibië het ons steeds die grootste Fishrot-korrupsiesaak in die hof en in ander lande stroom bewerings van korrupsie ook in. Namibiërs meen korrupsie is aan die toeneem, maar volgens Paulus Noa het direkteur-generaal by die Teenkorrupsie-kommissie in Namibië is dit nie die geval nie.

Noa het gesê hy is ook tevrede met die pogings wat aangewend word om korrupsie plaaslik te beveg.