Skenings nodig vir Kerspartytjie vir kinders in Windhoek
Rachel Ndeutala is ‘n barmhartige samaritaan in Windhoek wat ‘n Kerspartytjie vir kinders beplan. Dit begin Saterdagoggend om tien-uur. Dit was ‘n moeilik jaar vir die meerderheid mense wêreldwyd en sy sê dit sal fantasties wees om ‘n glimlag op kindergesigte te sit. Ndeutala sê skenkings vir die kinders is baie welkom.