Covid-gevalle se positiewe koers styg na 2,9%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 45 nuwe Covid-gevalle uit 1 531 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,9 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders van verskillende skole. Daar is nou 163 aktiewe gevalle, waarvan 12 pasiënte in hospitale is en een ‘n in hoësorgeenheid. Altesaam 310 487 persone is ten volle ingeënt. Die gesondheidsministerie het bevestig dat geen Omikron-variant in Namibië bespeur is nie.