Mnr. Gay Namibië se man bly in aanhouding

Die man van Wendelinus Hamutenya, die voormalige Mnr. Gay Namibië het vandag in die hof verskyn nadat hy Hamutenya met ‘n mes gesteek het. Immanuel Jeremia het op klagte van poging tot moord voor waarnemende landdros Dennis Shivangulula verskyn. Die saak is tot Februarie 2022 vir verdere ondersoek uitgestel en Jeremia bly in aanhouding. Hamutenya is ernstig beseer en het aan Kosmos 94.1 Nuus uit sy hospitaalbed in die Katutura-staatshospitaal gesê hy is steeds baie lief vir sy man. Hy sê hy is nog baie emosioneel en getraumatiseerd.