Die grondslag vir ekomiese herstel in Wes-Kaap is in plek

Baie moet nog gedoen word voordat die Wes-Kaap ten volle herstel van die uitwerking van die Covid-pandemie, maar die grondslag vir ekonomiese herstel is in plek. Dit is die mening van die DA se provinsiale woordvoerder vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Deidré Baartman. Sy sê volgens die Kwartaallikse Arbeidsmag-opname is die Wes-Kaap een van slegs twee provinsies wat ‘n styging in indiensneming getoon het teenoor die derde kwartaal van 2020.