Hoër brandstofprys in perspektief gestel

Simonis Storm in Windhoek sê dit sal vanaf Woensdag gemiddeld 38 persent duurder kos om jou voertuig se leë petroltenk vol te maak. Brandstofpryse styg Woensdag met petrol- en dieselpryse wat onderskeidelik 15,65 en 15,58 Namibiese dollar per liter sal kos. Dit is die agtste brandstofprysverhoging vir 2021. Die petrolprys het in die begin van die jaar op 11,35 Namibiese dollar per liter gestaan. Ekonoom Theo Klein van Simonis Storm in Windhoek stel die petrolprys in perspektief.