Jou ou ID-kaart is geldig

President Hage Geingob het verlede week die nuwe Namibiese identiteitskaarte bekend gestel. Die nuwe kaarte sal as reisdokumente tussen buurlande gebruik kan word en dit is volgens die spesifikasies van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie. Margaret Kalo, die woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, sê sy ontvang vrae van die publiek of hulle vir die nuwe ID-kaarte heraansoek moet doen. Kalo sê aan Kosmos 94.1 Nuus vir mense met ou ID-kaarte is dit nie nodig nie.