Twee Covid-tuissterftes op Rundu aanmeld


Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-tuissterftes in die Rundu-distrik aangemeld, asook 15 nuwe gevalle uit 1 480 uitslae, wat ‘n positiewe koers van een persent verteenwoordig. In die groep is een student. Daar is nou 85 aktiewe gevalle, waarvan agt pasiënte in hospitale is en een in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 298 503 persone is ten volle ingeënt.