Kolisi oor Jannie du Plessis se seuntjie se tragiese dood

Rugby: Die Springbokkaptein Siya Kolisi sê die nasionale span van Suid-Afrika speel vandag ter ondersteuning van die gewese Bok Jannie du Plessis en sy gesin, ná die tragiese dood van sy seuntjie vroeër die week.Kolisi sê dis hulle motivering wanneer hulle vandag teen Engeland uitdraf. Hy sê Du Plessis is ‘n Springbok wat baie tot die spel bygedra het. Jan Nathaniel se verdrinking op Du Plessis se verjaardag het die rugbygemeenskap geskok en boodskappe van meegevoel vir hierdie gewilde speler laat instroom. Du Plessis is tans by die Lions gekontrakteer.