Intra-Afrika Handelskou 2021 vind tans in Durban plaas

Die Intra-Afrika Handelskou 2021 vind tans in Durban in KwaZulu-Natal, plaas. Dit is ‘n handelskou wat ‘n platform verskaf aan internasionale kopers, verkopers en beleggers om beleggingsmoontlikhede vir intra-Afrika handel op die vasteland TE skep. Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die amptelike opening waargeneem, en gesê dit sal ‘n enorme ekonomiese hupstoot aan die vasteland gee, omdat dit handel in Afrika wil versterk. Ramaphosa sê dis tyd dat Afrika sy mag terugneem om ‘n bestendige ekonomie vir die vasteland te skep.