Stad sal besluit oor swembaddens neem

Die munisipale swembaddens in Windhoek is steeds gesluit maar mense hoop dat dit binnekort vir die publiek oopgestel sal word. Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya het vroeër gesê dit is nie moontlik om die swembaddens vir slegs 200 mense oop te maak nie, maar noudat die openbare byeenkoms getal verhoog is tot 500 mense, sal daar ‘n besluit hieroor geneem moet word, soos sy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.