FBI besig met ondersoek

Die FBI in Amerika stel ondersoek in na verskeie mense wat verbonde is aan die
konserwatiewe groep Project Veritas. Dit maak deel uit van ‘n ondersoek na hoe dele
van die dagboek van die Amerikaanse president Joe Biden se dogter, Ashely, uitgelek
is in die laaste dae voor die 2020-verkiesing. Verskeie handgeskrewe bladsye is op die
webtuiste van ‘n regsgesinde groep geplaas. Op daardie stadium was oud-president
Donald Trump besig met ‘n smeerveldtog teen Biden deur sy seun, Hunter, voor te stel
as iemand wat by skelm saketransaksies betrokke is.