Saak van vermeende moordenaar van regstudent uitgestelNovember 5, 2021

Die saak van ‘n man wat van die moord op ‘n regstudent van die Universiteit van Fort Hare, Nosicelo Mtebeni, aangekla word, is in die landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap tot Dinsdag uitgestel. Die beskuldigde, Aluta Pasile, het om regsverteenwoordiging aansoek gedoen nadat hy met sy vorige verskynings gesê het hy sal homself verteenwoordig. Pasile staar ‘n moordklag en een van regsverydeling in die gesig. Siphokazi Mbalo van die studenteraad het gesê die uitstel is net ‘n vertragingstaktiek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *