Namibiese houtskool die ‘groenste’ ter wêreld

Reaksie word ontvang op die eerste besending houtskool na die VSA. Na ‘n ooreenkoms tussen die Amerikaanse ‘The Good Charcoal Company’ en Africa Burns Charcoal saam met King Charcoal, is 350 metrieke ton oor die naweek uitgevoer. Die vrag is meer as 2 miljoen Namibiese doller werd. Plaaslike houtskool is gesertifiseer as die ‘groenste’ houtskool ter wêreld en volgens Michael DeGe, die Bestuurder van die Namibiese Houtskool Vereniging, is dit ook van die hoogste kwaliteit…