Eskom verwelkom reuse-befondsingspakket van COP26

Eskom het die 131 miljard rand befondsingspakket, wat oor ‘n drie tot vyf jaar tydperk sal uitbetaal, verwelkom. Ontwikkelde lande het by die wêreldberaad oor klimaatsverandering, COP26, hieroor ooreengekom. Die uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê dit sal dien as noodsaaklike versneller om weg te doen met koolstofgebruik in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hy is verbind daartoe dat Eskom ‘n deurslaggewende rol speel in die regverdige energie-oorgang vanaf steenkool na lae en geen-koolstofbronne vir elektrisiteitsopwekking. Hy noem die ooreenkoms ‘n belangrike eerste stap in die befondsing van hierdie oorgang.