Armoede, tekort aan geleenthede dra by tot korrupsie

Die VN se kantoor vir dwelms en misdaad het ‘n nuwe beleidsdokument op korrupsie bekend gestel. Die VN sê korrupsie verinneweer menseregte en het ‘n groter impak op gemarginaliseerde groepe. Die direkteur-generaal van die Namibiese Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa, stem saam. Hy voeg by armoede en ‘n tekort aan geleenthede dryf korrupsie aan.