Namibiese landskapskilderye die naweek onder die hamerNovember 2, 2021
Suid-Afrikaanse kunstenaars het ‘n groot liefde vir Namibiese landskappe. Strauss & Co bied op Sondag 7 en Maandag 8 November ‘n virtuele veiling van Namibiese landskapskilderye van onder meer Pierneef, Maud Summer, Erik Laubscher en Gordon Vorster aan. Hierdie kunswerke kan vooraf by hul webtuiste by www.straussart.co.za besigtig word.