Save the Rhino Trust se personeel kry gereeld opleiding

Om by te hou met nuwe neigings en moderne tegnologie, kry Save the Rhino Trust se personeel gereeld opleiding in nuwe inligting en tegnieke. Dit help die renosterbewaarders om die enigste vrylopende swartrenosters ter wêreld in die Kunene-streek beter te beskerm. Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust, Simson Urikhob, vertel meer oor die opleiding.