DBN geloof vir verlenging van terugbetalingvakansie

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het hul terugbetalingsvakansie verleng sodat besighede vinniger kan herstel. Toerisme-kenner, Nruspesh Soni, het daarop gereageer en gesê dit is veral goeie nuus vir die gasvryheidsbedryf. Hy sê dit sal talle plaaslike maatskappye in die toerismebedryf help. Nrupesh sê hy hoop ander banke volg in die Ontwikkelingsbank se voetspore.