Bolsonaro moet vervolg word, sê senaat

‘n Brasiliaanse senaatkomitee het ‘n verslag goedgekeur wat aanbeveel kriminele klagte word teen President Jair Bolsonaro gebring. Dit is vir nege misdade wat verband hou met sy hantering van die Covid-19-pandemie wat die lewens van meer as 600-duisend mense in dié land geëis het, asook misdade teen die mensdom. Bolsonaro word ook aangekla van die misbruik van openbare fonds en die verspreiding van fopnuus oor die pandemie. Die verslag beveel verdere klagtes aan teen twee korporasies en 77 ander mense insluitende drie van die president se volwasse seuns. Die verslag sal na verwagting vandag na Brasilië se voorste aanklaer gestuur word.