Studente, personeel van Universiteit van Kaapstad moet inent
Die Universiteit van Kaapstad se bestuur het aangekondig alle studente en personeel moet teen 1 Januarie teen Covid-19 ingeënt wees. Dit volg nadat die uitvoerende bestuur hul standpunt gedeel het oor die Universiteit se voorgestelde inentingsbeleid. Visekanselier, Mamokgethi Phakeng, sê die raad het in beginsel ‘n voorstel goedgekeur wat vereis personeellede en studente moet aanvaarbare bewys lewer dat hulle ingeënt is.