Inperkings sal eers opgehef word wanneer 90% ingeënt is

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het almal wat kan, aangemoedig om ingeënt te word. Dit volg nadat dié land gister ‘n rekordgetal van 94 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken het. Nieu-Seeland se grootste stad, Auckland, is vir minstens nog twee weke ingeperk in ‘n poging om die verspreiding van die Delta-variant te voorkom. Sowat 62 persent van die land se bevolking is ten volle ingeënt. Ardern sê openbare gesondheidsregulasies sal nie verlig word voordat 90 persent van die bevolking ingeënt is nie: