Aanlynkursus in astronomie en sterre-toerisme gewild in toerismesektor
Die Universiteite van Namibië en Oxford het ‘n suksesvolle aanlynkursus in astronomie en sterre-toerisme aangebied, sê dr. Michael Backes, senior lektor in fisika en chemie van Unam. Hy sê 864 mense het vir die aanlynkursus geregistreer waarvan 30 persent Namibiërs en nege persent Suid-Afrikaners was. Die meerderheid mense is uit die toerismesektor.