Merck vra goedkeuring vir sy Covid-pil

Die medisynevervaardiger Merck het die Amerikaanse voedsel-en-dwelmadministrasie versoek om sy teenvirale pil teen Covid-19 goed te keur. Indien dit aanvaar word, sal dit die eerste tablet wees waarmee Covid-19 behandel word. Mense sal die pil tuis kan neem om hulle simptome te verlig en herstel te bevorder en sodoende die druk op Amerikaanse hospitale verminder. Dit kan ook bydra om uitbrekings in arm lande met swak gesondheidstelsels te bekamp.