Zim-spesialis getuig in Chauvin-verhoor

‘n Forensiese patoloog vir die verdediging van die afgedankte polisiebeampte in Minneapolis, Derek Chauvin, voer aan George Floyd se dood is veroorsaak deur sy bestaande harttoestand en koolstofmonoksied wat hy van ‘n polisiemotor ingeasem het. Floyd is in Mei verlede jaar dood nadat Chauvin op sy nek gekniel het. Die voormalige hoof-mediese ondersoeker van Maryland, David Fowler, wat in Zimbabwe gebore is en aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer het, sê hy beskou die oorsaak van Floyd se dood as onbepaald: