Namib Mills skenk voedsel aan N/a’an ku sê

Namib Mills het vanaf Oktober 2020 tot September 2021 tonne pasta, rys, mieliemeel en ander voorrade op ‘n maandelikse basis aan N/a’an ku sê-stigting geskenk. Namib Mills het hul ondersteuning vir nog ‘n jaar aan N/a’an ku sê bevestig. Die stigter van N/a’an ku sê, dr. Rudie van Vuuren, het hul dankbaarheid teenoor Namib Mills met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.