EFF eis De Ruyter-bedanking

Die EFF in Suid-Afrika het opnuut geëis dat die Eskom-raad die bestuurshoof, André de Ruyter, afdank weens skynbaar rassistiese e-posse toe hy by Sasol in diens was. ‘n Senior advokaat van Werksman-prokureurs het volgens berigte boodskappe met ‘n rassistiese strekking tussen De Ruyter en sy kollegas opgediep waarin daar glo die spot gedryf word met die EFF-leier, Julius Malema, en wyle Winnie Madikizela-Mandela. Die party sê die beskerming wat De Ruyter steeds van Eskom en die regering ontvang, is afskuwelik en ‘n belediging vir die nagedagtenis van Madikizela-Mandela.