Iran begin met militêre oefening naby sy grens met Azerbeidjan

Iran se weermag het ‘n massiewe militêre oefening naby sy grens met Azerbeidjan van stapel gestuur. Die weermag sê hy toets vir die eerste keer ‘n plaaslik-vervaardigde hommeltuig en ander wapentuig. Die oefeninge vind plaas te midde van toenemende spanning langs die grens. Die verhouding tussen Iran en Azerbeidjan het versleg sedert die Azerbeidjaanse polisie begin het om ‘n paaiebelasting op Iranese vragmotors te hef wat brandstof en ander goedere vervoer.