Talle Britse petrolpompe nog steeds droog

Talle Britse petrolpompe was vandag nog droog ná ’n chaotiese week wat gekenmerk is deur paniekaankope nadat ’n erge tekort aan vragmotorbestuurders die verskaffingsketting tot breekpunt gedryf het. ’n Tekort aan werkers in die nadraai van Brexit en die Covid-pandemie veroorsaak groot ontwrigting in sekere dele van die ekonomie. Die aflewering van onder meer brandstof en medisyne is ontwrig. Daar is ook vrese dat tot 150 000 varke van kant gemaak sal moet word omdat daar nie genoeg slagters en abattoir-werkers is nie. Britse ministers het dae lank volgehou dat die krisis besig is om oor te waai, hoewel kleinhandelaars gesê het meer as 2 000 petrolstasies het nie brandstof nie.