Sat vir julle leë beloftes

Die klimaatsaktivis Greta Thunberg het wêreldleiers gekritiseer oor leë woorde en beloftes ten opsigte van die klimaatskrisis. Sy was ‘n spreker by die Youth4Climate-konferensie in Milan, Italië. Sy het bygevoeg die klimaatskrisis is maar net ‘n uitvloeisel van ‘n groter krisis. ‘n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies voorspel koolstof-vrystellings gaan teen 2030 met 16 persent styg. Thunberg sê wêreldleiers se doelbewuste gebrek aan aksie is verraad teenoor die huidige en toekomstige geslagte: