Twee Covid-sterftes elk op Engela, Outapi

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in twee distrikte, Engela en Outapi, aangemeld, asook 111 nuwe gevalle uit 1 988 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van ses persent is. In die groep is 48 leerders, sewe onderwysers en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 1 105 aktiewe gevalle, waarvan 78 mense in hospitale is, en 16 in intensiewesorgeenhede.