Stappe in verband met Psemas is nie konsekwent nie, uitdagings bly

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die Namibiese ministerie van finansies die lidmaatskap van die staat se mediese skema, Psemas, vir 15 162 afgetrede staatsamptenare met onmiddellike effek opgeskort het. Voorskrifte is volgens die ministerie nie gevolg nie. Eben de Klerk van ISG Risk Services, wat navorsing oor Psemas gedoen het, sê die stappe is nie konsekwent nie.