Oostenryker hou sy ma se oorskot in sy kelder

‘n Oostenryker het sy 89-jarige ma se oorskot langer as ‘n jaar in sy kelder gehou sodat hy haar pensioen-uitbetalings kon kry. Die polisie sê die vrou is in Junie verlede jaar aan natuurlike oorsake dood en haar 66-jarige seun het yspakke, verbande en selfs katsand gebruik om die reuk te verbloem. Die grillerige ontdekking is eers gedoen toe ‘n nuwe posbode se versoek om haar te sien, geweier is. Die polisie glo die man het onwettig byna 840 000 Namibiese dollar se uitbetalings ontvang.