Suikerprodusente sê meer bystand is nodig na onluste

Die Vereniging vir Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers het die regering se beloofde finansiële bystand verwelkom ná die groot skade wat hulle weens die Julie-onluste in die provinsie gely het. Die voorsitter van die vereniging, Andrew Russell, sê hoewel die hulp bemoedigend is, is dit egter nie naastenby genoeg nie. Meer as 500 000 ton suikerriet is tydens die onrus in die provinsie afgebrand. Russel sê die meeste daarvan kan weens die skade glad nie verder verwerk word nie: