Standard Bank help om hokkie te ontwikkel

Die Namibiese sportministerie het ‘n junior hokkie-inisiatief ter waarde van N$1,5 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur. Dit het ten doel om hokkie aan al 14 die streke bekend te stel om 2 080 leerders in 104 skole in die volgende drie jaar te bereik, asook 208 afrigters en 92 skeidsregters op te lei. Altesaam 26 dorpe sal uit hierdie inisiatief bevoordeel word. Reagon Graig, president van die Namibiese Hokkie-unie sê Kosmos 94.1 Nuus hy is dankbaar vir Standard Bank as vennoot in die ontwikkeling van hokkie in die land.