Namdia sal later oor Nuska sê

Die leier van die Regstellende Herposionering Beweging Job Amupanda het verdoemende dokumente in verband met die Namibiese diamant handel maatskappy Namdia pas bekend gemaak. Luidens dokumente het ‘n Israelse maatskappy Nuska Tegnologie ‘n faktuur van net minder as 3,4 miljoen Namibiese doller aan Namdia gestuur vir waardasies op ‘n groot getal diamante. Dit, volgens Amupanda, terwyl daar reeds ‘n maatskappy, C-Sixty Beleggings aangestel is. Amupanda sê ook dat die aanstelling van Nuska sonder die korrekte prosedure aangestel is. Die Namibiese Minister van Openbare Ondernemings Leon Jooste het vroeër gesê Amupanda se aantygings is verkeerd. Nie Amupanda, of Jooste of die Hoof van Namdia Kennedy Hamutenya was beskikbaar vir kommentaar nie maar, Namdia se Woordvoerder Beverly Coussement het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle besig is met ‘n verklaring in die verband.