Holistiese benadering in SA nodig om tienerswangerskappe te verminder

Die parlementêre portefeuljekomitee vir basiese onderwys het eenparig besluit ‘n holistiese benadering is nodig om tienerswangerskappe in Suid-Afrika te verminder. Die departement van basiese onderwys het die komitee vandag ingelig oor sy planne om die kwessie te hanteer. Volgens die departement raak meisies nie swanger en verlaat dan die skool nie, hulle verlaat die skool en raak dan swanger. Die komitee het ook verneem sowat 33 persent meisies keer nie terug skool toe nadat hulle swanger word nie en sal waarskynlik talle swangerskappe hê.