Armoede dryf strikke, stropery sê kenner

Nes in Namibië is strikke ‘n uitdaging op beide privaatgrond en natuurreservate. ‘n Berig is ontvang oor ‘n groot kameelperdbul wat in ‘n reservaat in Limpopo met ‘n draadstrik aan sy agterbeen rondloop, en die Hoop vir Natuurlewe-span in Hoedspruit moes vinnig reageer. Die helikoptervlieënier en leier van die span, Jana van der Merwe, sê die Natuurlewe-noodfonds het onmiddellik aangebied om die koste te dek en die strik is verwyder danksy ‘n ongelooflike spanpoging. Sy sê weens die pandemie word al meer strikke gestel om vleis in die hande te kry: